Hannes was nog altyd lief vir mooi aantrek. Hy hou van klere wat bietjie afwyk van die gewone en kon nie altyd in die winkels kry waarna hy soek nie. Hy besluit toe om `n hemdereeks uit te bring. Hy het dit ontwerp, patrone laat sny en dit toe na `n dame en haar seun, Veronica en Lu Jacobs gevat wat al vir 50 jaar in die klerebedryf werk. Saam het hulle koppe bymekaar gesit en die eindresultaat is presies wat Hannes wou hê. Dit is `n unisex hemdereeks in wit en swart. Detail is gegee aan krae wat effe groter is, ritssluiters op die moue en mense beskryf dit as
“klassiek met flair”