Diaan Hanekom
--------------------

Hannes noem Diaan sy linker en- regterhand en alles tussen in.

 

Diaan se voltydse werk is beeldmenger en tegniese regisseur by die sepie Suidooster, maar in sy vrye tyd behartig hy Hannes se sosiale media/ webblad/ aanlynwinkel en wat nog alles daarmee gepaard gaan.

 

Soos Hannes dit stel, “ Ek is maar dom met die hele sosiale media ding, maar met Diaan in my span sal ek oorlog toe gaan. Diaan het my ook geleer om nie te praat van“ DIE Facebook” of DIE WhatsApp nie, maar net van Facebook en WhatsApp en ook dat ek `n ‘influencer’ is en nie ‘n ‘influenza’ nie..lol.  

 

Betroubaar, deeglik en `n perfeksionis is hoe Hannes Diaan beskryf. Die feit dat Hannes en Diaan al baie lank vriende is en mekaar baie goed ken, maak hom perfek as Hannes se vennoot met die webblad en aanlynwinkel.

Nelius Ferreira
--------------------

Artist Warehouse tree op as vermaaklikheidskonsultante in die Suid Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf  

Met 25 jaar se ervaring agter die rug, waartydens ons vermaak verskaf het aan sommige van Suid Afrika se grootste en glansrykste funksies, van kunstefeeste tot intieme partytjies, verstaan ons dat elke funksie UNIEK is.

 

Elke kliënt, elke begroting en elke funksie verskil van die ander en daarom behandel die Artist Warehouse span elkeen van sy kliënte volgens hul spesifieke behoeftes en verwagtinge. 

 

Ons passie is ons werk en ons werk is ons passie.  En ons het ure se pret terwyl ons dit doen. Verhoudings is die kern van ons besigheid en daardeur word klient ook vriende.

 

Wees verseker van ons verbintenis tot vinnige en doeltreffende diens om jou te help om ‘n onvergeetlike funksie te beplan. 

 

Perfeksie is ons daaglikse dryfkrag want net die beste is goed genoeg vir ons kliënte. 

Hesté White
--------------------

30 jaar gelede het Hesté haar loopbaan as ‘n Rekenmeester begin, maar gou het sy besef dat haar liefde ook in bemarking, verkope en veral bemagtiging lê.

 

Om ‘n vrou te wees vereis veelsydigheid; en met familie, werk en verdere – dog uiteenlopende studies (sy’t by UK ‘n Honeurs in Opera, Cum Laude verwerf) was sy vasberade om haar stempel af te druk om voluit te leef en ook ‘n professionele impak in besigheid te hê.

 

As uitvoerende Direkteur van ‘n Direkte Verkope handelsmerk was sy direk betrokke met die ontwikkeling, bemarking en verkope van, reukwater en liggaam- en skoonheidsorg produkte.

 

In November 2023 het sy ‘n beroepskuif geneem met haar eie besigheid as onafhanklike Besigheidskonsultant.

 

Toe Hannes haar nader met sy opwindende projek het sy vinnig aan die werk gespring om sy visie tot verwesenliking te bring. Met soveel ondervinding en kontakte in die bedryf kon sy as’t ware die beste van die beste selekteer om mee saam te werk om sodoende die perfekte produk en pakket vir Hannes te besorg.

 

Theatre is die trotse Eau de Parfum, sorgend tot stand gebring tussen twee geïnspireerde en kreatiewes, Hannes en Hesté!

Veronica & Lu Jacobs
--------------------

Meet the dynamic mother and son duo who helped bring Hannes’s vision to life.

 

Veronica Jacobs, 55 years in the clothing industry, has worked with the likes of Chelsea West, Woolworths, Foschini, Truworths. Her son Lu is also a designer in his free time.

 

They really wanted to be true to Hannes’s vision and what he wanted to accomplish with his first ever high end clothing line, taking a step by step approach to manufacturing the perfect product. Thank you Hannes for trusting us