Wanneer mense vir Hannes van Wyk ontmoet,
is hulle eerste reaksie dat dit voel of hulle hom reeds jare lank ken. Dit kan ook nie anders nie, want hy kuier al vir soveel jare op ons televisie en op die verhoog. Wie sal dan nou ooit Krynauw du Buisson van Egoli vergeet en nou weer onlangs die liewe ou oom Erhard in Magda Louw.
Dan is daar natuurlik die immergewilde Kwêla en Hannes aan Huis -reekse waarvan hy die anker-aanbieder is. Dit is hier waar hy weekliks onderhoude voer met van ons land se bekendstes, berugstes, geliefdstes en gewildstes asook op die legendariese Kwêla bank met gewone mense wat ’n ongewone storie het om te vertel. Alhoewel Hannes al soveel toekennings ontvang het as onderhoudsvoerder en akteur, is die bekendheid nog steeds na al die jare vir hom vreemd en is hy maar nog steeds net die kind van Aliwal-Noord.
Wie is hannes?