Theatre
is ’n Eau de Parfum
Hannes is iemand…
wat gedurig nuwe dinge probeer en aanpak. Dinge waarvoor hy hartstog het. Dinge buite die gewone. Hy het besluit om `n parfuumreeks bekend te stel.
Hannes doen niks halfpad nie en dit het hom twee jaar geneem op die perfekte bestandele saam te sit vir `n parfuum vir dames en ook een vir mans en dames.
Die parfuumreeks Theatre deur Hannes van Wyk is begin Junie bekendgestel en is reeds te koop oral waar Hannes optree. Dit is natuurlik ook van nou af te koop by die aanlynwinkel.
Hannes het eers besluit om ’n beperkte eksklusiewe aantal (300) van die parfuumreeks bekend te stel, maar die aanvraag was so groot dat daar dadelik nog vervaardig moes word. Hannes het dit nou ook in `n reis/travel grootte beskikbaar. Die onderneming kon Hannes nie sonder kenners op die gebied aanpak nie en daar is besluit om kragte saam te snoer met parfumier, Heste White.
Meer as net ’n parfuum… Wat was so lekker om saam met Hannes die parfuum te ontwikkel?
“Ek het sommer dadelik ‘aan huis’ met Hannes gevoel,” sê sy glimlaggend. “Om ’n produk so persoonlik as parfuum te ontwikkel, leer ken ’n mens die wel en wee van jou kliënt. Hannes is soveel meer as die bekende teater- en televisiepersona, skrywer en regisseur. Hy is uiters opreg en skeppend en sy deernis het geen perke nie. Om saam met Hannes te werk, is sekerlik een van die hoogtepunte van my loopbaan. Al was ek en Hannes in die regisseurstoel van hierdie produksie, bly hy die skrywer, hoofrol en die verwesenliking van hierdie besonderse parfuums.”
Life’s a stage. Let’s play! Theatre, the eau de parfum by Hannes van Wyk.
Die ontwikkeling:
Heste en Hannes se paaie het in 2023 gekruis. Met meer as twee dekades in die skoonheids- en parfuumindustrie en ’n absolute passie vir die teater van bemarking het sy met Hannes oor ’n koppie koffie ontmoet en die res is spreekwoordelik geskiedenis! Heste merk op: “Die proses om Hannes se wens te verbottel, was ’n organiese avontuur met ’n merkwaardige en onvergeetlike eindresultaat. Die gedagte van ’n Suid-Afrikaans geproduseerde reukwater was nou nie meer net ’n droom nie, maar vinnig oppad na ’n verwesenliking.
Heelwat klem is gelê op die besonderse geure wat Hannes na aan die hart het. Die geurkombinasies van essensiële olies is doelgerig getoets, vermeng en ingevoer vanuit Grasse, die bekende Franse reukwater hoofstad. Met die verpakking het Heste onderneem dat die ontwerp doelgerig stylvol, klassiek en kontemporêr is om te resoneer met Hannes se persona.
“Die naam van die reukwater was voor die hand liggend”, glimlag sy, aangesien Hannes en die uitvoerende kunste absoluut sinoniem is. Die naam vervat die drama, speelsheid en magiese vryheid wat beide reukwaters, net soos hy, bied.
Theatre vir haar: ’n Ryk blommegeur.
Hierdie reukwater betower jou onmiddellik – dit is dinamies, vars en blomryk. Die groen ondertone van freesia, viooltjie en tuberoos kom subtiel na vore, en ontvou in die poeieragtige varsheid van dallelie, pinksterroos, seringblom, roos en jasmyn. Die parfuum vestig uiteindelik in die basis ondertone van knus muskus, seder- en sandelhout. ’n Betowerende geur vir haar vir elke dag se aanwending.
Koop
Theatre vir hom en haar:’n Amber-vrugtige reukwater.
Hierdie parfuum ontvou geleidelik uit die ryk geur van sitrus-stroop in die vars blommegeure van roos, lietsjie en jasmyn. Dit verdiep later in die sensuele, eksotiese basis-ondertone van amber, patsjoelie, vanielje, muskus en kuskusgras. ’n Verleidelike en aanloklike geur vir hom of haar vir alledaagse aanwending.
Koop

